Please feel free to voice your opinion

Thursday, July 5, 2007

Glo jy in die voorspellings van Siener Van Rensburg?


Nicolaas Pieter Janse van Rensburg was een van die merkwaardigste figure in ons volksgeskiedenis. Hy is in 1864 op 'n plaas naby Wolmaranstad gebore en in 1926 in die ouderdom van 61 jaar oorlede.

Behalwe dat hy kon lees en skryf, was hy verder ongeletterd. Nogtans het bekendes soos genl Koos de la Ray en C R de Wet hom dikwels geraadpleeg. Hy het sy eerste gesig gehad toe hy 7 jaar oud was en daarna meer as 700 tot en met sy dood. Hy het die meeste van sy gesigte self verklaar.

Tydens sy leeftyd het baie van sy gesigte in vervulling gegaan. Die meeste moet egter nog in vervulling gaan. Een wat tans besig is om in vervulling te gaan, is die gebeure in Zimbabwe wat Siener baie duidelik voorspel het.

Hoe het hy aan sy toekomskennis gekom? Daar is twee maniere waarop kennis van die toekoms bekom kan word; of deur begenadiging van God of deur die werking van die Satan. Alhoewel God alleen alwetend is, beskik Satan oor 'n beperkte kennis van die toekoms wat hy aan boosheidsbewerkers bekend maak.

In 1 Sam 28 bid Saul op die vooraand van 'n oorlog teen die Filistyne dat God vir hom die uitslag vooraf bekend moet maak. As gevolg van sy afvalligheid het God hom nie geantwoord nie, waarna hy hom tot die heks van Endor gewend het. Saul het dus geweet op watter twee maniere toekomskennis bekom kon word - of deur God of deur die Satan.

Deur wie se mag het Siener in die toekoms gesien? Deur die van God. Hy het nooit met enige bose mag omgegaan nie. Hy was 'n diep gelowige en kon sy voorkennis derhalwe van niemand anders as God ontvang het nie....Gaan besoek gerus http://www.sienervanrensburg.co.za/uittreksel.html vir meer info

No comments: