Please feel free to voice your opinion

Thursday, August 30, 2007

Dis so waar of hoe?

'n Bedelaar het eendag 'n prokureur op straat voorgekeer en vir hom R5 gevra.
Die prokureur het lank na die vuil en ongeskeerde bedelaar gekyk en toe vra hy: "Vanwaar ken ek jou?"

"Ons was klasmaats op die tweede vloer van die ou hoofgebou," antwoord die bedelaar.

"Sam, nou onthou ek jou!" sê die prokureur en sonder om enige verdere vrae te vra, skryf hy vir die bedelaar 'n tjek van R1000 uit en sê:

"Ek gee nie om wat in jou verlede gebeur het nie.

Dit is jou toekoms wat belangrik is," en met dié woorde stap die prokureur aan.

Met trane van blydskap stap die bedelaar bank toe, maar voor die bank steek hy vas - dit is so skoon daar binne en die tellers is so netjies!

"Met my vuil toiings sal hulle oortuig wees ek oorhandig aan hulle 'n vervalste tjek," mompel Sam en draai net daar om.

Die volgende dag loop die prokureur weer vir Sam raak en hy sien dat dié nog steeds so gehawend daar uitsien. "Wat het jy met my tjek gedoen?

Het jy dit uitgedobbel of uitgesuip?"

Terwyl die bedelaar die tjek uit sy vuil hempsak te voorskyn haal, vertel hy die prokureur waarom hy dit nie kon gaan wissel nie.

"Luister, my vriend, wat die tjek wettig maak, is nie jou klere of jou voorkoms nie, maar my handtekening daarop. Gaan wissel onmiddellik die tjek!"

Die verhaal spreek vir homself.

No comments: